Russian Hill

Russian Hill
Stadsbuurt
Die woonstelblokke op Russian Hill bied 'n panoramiese uitsig oor die misbanke wat vanuit die Stille Oseaan oor San Franciscobaai kruip
Die woonstelblokke op Russian Hill bied 'n panoramiese uitsig oor die misbanke wat vanuit die Stille Oseaan oor San Franciscobaai kruip
Russian Hill is in die Verenigde State
Russian Hill
Russian Hill
Ligging van Russian Hill in die Verenigde State
Koördinate: 37°48′6″N 122°25′11″W / 37.80167°N 122.41972°W / 37.80167; -122.41972
LandVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Deelstaat Kalifornië
Stad San Francisco
Oppervlak
 • Totaal1,03 km2 (0,397 vk. myl)
Hoogte
0,09 m (,3,4 ft)
Bevolking
 • Totaal13 146
 • Digtheid13 000/km2 (33 000/vk. myl)
TydsoneUTCUTC -8 (Pasifiese tydsone)
 • SomertydUTC -7 (PDT)
Poskode (ZIP code)
94109, 94133
Skakelkodes415/628

Russian Hill is 'n welvarende en digbevolkte woonbuurt in die noorde van die Noord-Kaliforniese metropool San Francisco. Die kwartier is na een van San Francisco se 44 heuwels genoem, Russian Hill, wat onder die stad se oorspronklike "Sewe Heuwels" gereken word. Russian Hill bied panoramiese uitsigte oor die Bay Area, insluitende Bay Bridge, Marin County, die Golden Gate-brug en die historiese gevangeniseiland Alcatraz. Tussen Russian Hill en die teenoorliggende Telegraph Hill strek North Beach-vallei, een van die gewildste buurte in San Francisco wat sy besondere Mediterreense atmosfeer aan Italiaanse en Franse immigrante te danke het. North Beach was, soos sy naam reeds aandui, oorspronklik 'n kusgebied voordat hier in die 1870's 'n industriële landaanwinningsprojek verwesenlik is.

Weens Russian Hill se steil hellings is sypaadjies in die buurt van verskilende stelle trappe voorsien. Die foto wys bo aan die regterkant Lombard Street wat bekendheid verwerf het as die wêreld se mees kronkelende straat
'n Nagaansig van Lombard Street

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy